
Hoe ons ontmoet het:
Martelé en Christian se liefdesverhaal het begin op gewone werksdag, maar soos dit altyd gaan met die mooiste stories, het dit van die begin af net anders gevoel. Sy het ingestap met ‘n helder geel blazer – iets wat Christian tot vandag toe vir almal vertel asof dit ‘n teken van die toekoms was. Daar sit hy, met ‘n mond vol kos in die kantien, en selfs dán kon hy nie sy oë van haar afhou nie. Haar eerste indruk van hom? Vriendelik, gemaklik, en iemand met ‘n hart wat net die regte plek op die regte tyd gevind het. Van daardie eerste oomblik af was daar ‘n vonk, al het hulle nog nie geweet dat dit die begin van di lewe saam sou wees nie.
Wat begin het as ‘n gemaklike vriendskap, het vinnig gegroei. Hulle het saam gelag, saam gekuier, en die soort geselskap gevond wat mens net by ‘n spesiale persoon kry. Interne grappies het begin, oë het mekaar spontaan gevind in vergaderings, en dit het gou duidelik geword dat daar iets tussen hulle was. En tog het dit gevoel soos ‘n geheim wat net hulle deel.
Ons liefdesverhaal:
Toe Christian Martelé as ‘n ‘pel’ na sy GALA nooi, was dit eintlik net die begin van iets besonders. Die aand het hulle saam geglimlag, hande perongeluk geraak, en stil-stil besef: hier gebeur iets wat nie net ‘n gewone vriendskap is nie. Die vonke het begin brand, maar liefde het sy eie tyd nodig gehad om te groei.
Uit Christian se kant was daar drie dapper pogings om haar uit te vra, maar elke keer het die planne onverwags verandering. Die arme man moes sy kersies dood blaas, sy idees bêre, en weer van voor af begin. Maar elke mislukte poging het gewys dat hoe vasbeslote hy was, en hoe mooi liefde sy eie perfekte ‘timing’ het – dit moes net op die regte manier gebeur.
Daardie oomblikke van mislukking het eintlik die verhaal net meer besonders gemaak. Dit het gelag, sagte herinneringe, en die gevoel van geduld en toewyding geskep wat wat vandag die kern van hulle verhouding vorm. Al die klein oomblikke het alles saam die perfekte begin van ‘n liefde geskep wat van die eerste dag afaf bedoel was om te wees.
Vandag, wanner hulle terugkyk, besef hulle dit was nooit per toeval nie. Alles het presies gebeur soos dit moes. Elke oomblik, selfs die kleinste en snaaksste, deel van die mooiste avontuur van almal is – die een wat hulle vir altyd sal saam hê.
